Welkom-Gimnasium

HOËRSKOOL | HIGH SCHOOL

Welkom-Gimnasium

Academic

To ensure that the learners have the chance to pursue their selected careers, Gimnasium strives to educate them and help them attain their academic potential.

Sport

Welkom-Gimnasium provides a variety of team and individual sports, allowing students to develop their diverse capabilities and utilize each and every opportunity that comes their way.

Culture

Welkom-Gimnasium offers a variety of cultural activities where learners can discover themselves and use their God-given talent to its full potential.

Gimnasium 70 Years

Producing outstanding, well balanced young adults

Welkom-Gimnasium High School is the oldest academic high school in Welkom, established in 1953. All the other high schools in Welkom stem from Gimnasium. See also History of Gimnasium.

The mission of Welkom-Gimnasium is to produce outstanding, well balanced young adults who can maintain themselves with a positive attitude in a changing environment. As a leading institution we achieve this by applying recognized educational principles and modern innovative methods.

We visualize a leading educational institution where values and patriotism are fostered.

Uitstaande en gebalanseerde jong volwassenes

Welkom-Gimnasium is in 1953 gestig en is die oudste akademiese hoërskool in Welkom. Al die ander hoërskole in Welkom is uitvloeisels van Welkom-Gimnasium. Sien Geskiedenis van Gimnasium.

Welkom-Gimnasium se missie is om uitstaande en gebalanseerde jong volwassenes te lewer wat met ‘n positiewe ingesteldheid, binne ’n veranderende leefwêreld, hulself kan handhaaf. As toonaangewende instelling bereik ons dit deur erkende opvoedkunidge beginsels en moderne innoverende metodes toe te pas.

Ons visualiseer ‘n toonaangewende, opvoedkundige instelling wat waardes uitleef en vaderlandsliefde kweek.

Skoolhof Johan Slabbert
In hierdie tyd van stroomversnellings waarin ons leef, kan alles maklik gesien word as bloot ‘n dolle gejaag na wind. Alles verander al vinniger! Daarom is die skool se webblad ‘n geleentheid om buite die stroomversnellings te tree en rustig van die oewer af te sit en kyk na hierdie stroom van gebeure wat onvermydelik sy loop neem deur Welkom-Gimnasium. Vanjaar vier Welkom-Gimnasium sy 70ste bestaansjaar en is ons besonders trots en nederig dankbaar vir al die seëninge en prestasies van die Gimmies die afgelope 7 dekades. Maar ons het ook ons teleurstellings gehad en juis die wyse waarop ons die vreugde saam met die teleurstellings, die sukses saam met die mislukkings, in ons lewens absorbeer en verwerk, het bepaal dat ons balans behou het op die pad na hoër hoogtes. By Gimnasium is dit ons prioriteit om balans na te streef tussen al die fasette van die skoollewe en dit is ons personeel se ideaal om mense te lewer wat toegerus is om die hoë eise van hierdie stroomversnellings van ons tyd die hoof te bied.
- Johan Slabbert
Skoolhof | Principal