Athletics / Atletiek

By Welkom – Gimnasium streef ons daarna om elke atleet se talente tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Tydens die somermaande is atletiek die fokuspunt vir baie Gimmies. Atletiekoefening vind plaas vanaf Maandae tot Donderdae (16:00 tot 17:00). Vroeg in Januarie skop ons af met die tradisionele interhuis-byeenkoms waarin ons hardloop, spring en voorwerpe gooi. Ander byeenkomste waaraan ons Gimmies ook deelneem, is Diamantveld-uitnodigings byeenkoms, Sasolburg Hoёrskool-uitnodigings byeenkoms, Lejweleputswa distriksbyeenkoms en Vrystaat Interhoёr. Daarna volg die SA – skole en ASA – kampioenskappe.
Gimmie atlete wat die Vrystaat verteenwoordig by die SA- skole vir die laaste 5jaar:

2017 – 16 atlete
2018 – 11 atlete
2019 – 9 atlete
2020 – COVID
2021 – COVID
2022 – 9 atlete
2023 – 8 atlete

Ons hoë atletiekstandaarde word toegeskryf aan die buitengewone toewyding van ons atlete, asook goeie, gekwalifiseerde afrigters in elke item en ‘n algehele sterk spangees.

Coaches / Afrigters

Naellope en AflosseE. du Plessis  (Atletiekhoof) / J. Allan
HekkiesM. du Plessis
Middel en langafstandeS. Snyman
VerspringS. Cloete
DriesprongS. Cloete
HoogspringJ. Scott
SpiesgooiC. Childs
GewigstootZ. Fourie
DiskusD. de Jonge
HamergooiP-J. Vorstman