Chess / Skaak

Chess / Skaak

COACH / AFRIGTER: Patric Croukamp

Chess

Chess

Welkom-Gimnasium has very active chess teams. Players currently have the opportunity to play chess from Monday to Thursday from 14h00 to 16h00. The school has 35 chessboards and can accommodate up to 70 players in one afternoon.
The teams are determined annually according to the available players, and vary from Senior to Junior teams as well as different teams for girls and boys. A team consists of 6 players which is determined by playoff matches and practice attendance. Gimmie Chess aims to give learners the opportunity to enjoy the game on a regular basis in a relaxed environment. Although the players are very competitive, close friendships are formed. Lejweleputswa is divided into regions, and depending on the entries the schools are divided into groups for the 1st round of the league. Group winners then compete against each other to stand a chance to win the Lejweleputswa regional division. The regional winners face off at the Top Schools Tournament, where all regional winners play against each other to be crowned the best in the Free State. Gimmies Senior Chess Team won the Lejweleputswa Regional Competition in 2022 and advanced to the Top Schools Tournament. 

Skaak

Welkom-Gimnasium beskik oor ‘n baie aktiewe skaakfamilie. Spelers het tans die geleentheid om van Maandag tot Donderdag van 14h00 tot 16h00 skaak te speel.
Die skool beskik oor 35 skaakborde en kan dus tot 70 spelers op ‘n middag akkommodeer.
Die spanne word jaarliks bepaal volgens die beskikbare spelers en wissel van Senior- en Juniorspanne, en/of meisies en seunspanne.
Die span bestaan uit 6 spelers. Spanne word bepaal deur uitspeel wedstryde en die bywoning van oefening.

Gimmies-Skaak se doel is om leerders die geleentheid te gee om op ‘n gereelde basis en ontspanne atmosfeer die spel te geniet. Hoewel die spelers baie kompeterend is, word hegte vriendskappe gevorm.

Lejweleputswa word in streke verdeel, en afhangende van die inskrywings, word die skole in groepe verdeel vir die 1ste rondte van die liga. Groepwenners ding dan teen mekaar mee vir die wenners van die Lejweleputswa streekwenners.
Die streekwenners spook sake op die Top-skole toernooi uit, waar alle streekwenners teen mekaar speel vir die Vrystaatwenners.

Gimmies se Senior skaakspan het in 2022 die Lejweleputswa streek gewen en deurgedring na die Top skole toernooi. (Ongelukkig is dié toernooi gekanselleer)