Netball / Netbal

Netball / Netbal

Netbal at Welkom Gimnasium, 2023

Mission & Vision

It is the goal of the netball committee at Welkom-Gimnasium to encourage mass participation in the sport of netball and to promote life skills, such as teamwork and determination. We envisage that the participation in netball will encourage young girls to become strong and determined women who are holistically developed.

Goals

1.1 To promote netball at Welkom-Gimansium and to control it in terms of this Constitution. This includes implementing meaningful development for learners who strive to improve their skills in this sport.
1.2 To draft a set of rules that will formulate the behavior and etiquette of netball and ensure that it is maintained by all concerned. [SASN: 4.10]
1.3 This committee fully subscribes to the objectives of the Lejweleputswa Netball Association, Free State Schools Netball Association and the SA Schools Netball Association [SASN], with whom it is affiliated.
1.4 To use the participation in netball to bring about the physical, intellectual, social, ethical and aesthetic development of learners. It also includes developing the understanding and tolerance of players towards cultural differences.
Netball
Netball Coaches

Liga Struktuur

Gimnasium is geaffilieer aan die Lejweleputswa Sekondêre Skole Netbal Vereniging, wat dan deel vorm van die Suid-Afrikaanse Skole Netbal Vereniging.

Nommer 1 en 2 van die Lejweleputswa A-liga dring deur na die Vrystaat- Skole Kampioenskappe. Die eerste 3 posisies dring dan deur na die Suid-Afrikaanse-Skole Kampioenskappe wat op Nasionale vlak gehou word.

Toere

‘n Toer word in 2023 na Sportisimo in Pretoria gehou. Die toer vind plaas onder leiding van Dr. Elsje Jordaan.

Netbal 2022

Die volgende spanne wen die Derby wedstryde wat op 21 Mei 2022 by Welkom-Gimnasium plaasgevind het, (O/14B, O/15B, O/15C, O/16A, O/16B).

Die uitslae van die Lejweleputswa-liga is as volg:

O/14A 4de
O/15A 2de
O/16A 2de
O/19A 1ste

Die O/16A en die O/19 A-span verteenwoordig Gimnasium op 16 & 17 Junie 2022 tydens die Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfontein. Die O/15A-span het op 16 Junie 2022 aan die Vrystaat Motsepe Spele in Bloemfontein deelgeneem. Die netbalspeelsters was goeie kompetisie vir die groot skole in die Vrystaat.

Ons O/16A-span eindig 3de in die Vrystaat en dring deur na die Suid-Afrikaanse Netbal Kampioenskappe, wat op 7 Augustus 2022 in Boksburg plaasgevind het. 

Talle speelsters is vanjaar in verskeie Vrystaatspanne ingesluit:

Die volgende speelsters word ook gekies vir die Bokkieweek: Luané Louw, Lynn-Mari Louw en Mieke Erasmus. Baie geluk ook aan Me. Milana Muller wat betrokke was by die afrigting van die 0/19 span wat die Vrystaat verteenwoordig het by die Nasionale Kampioenskappe.
  • O/14
    • Mareese Mothibedi
    • Khensani Mkhabela
  • O/16
    • Thina Speelman
    • Matshepiso Mokoena
  • O/17
    • Ayanda Ndwalane
    • Marta Lund
    • Lehakwe Mopeli
  • O/18
    • Phatiwe Ntombela
  • O/19
    • Dimpho Mathibelle
  • O/23
    • Luané Louw

Spanne en Bane

Team Courts
u/14 A & B 8 netball courts
One court with lights
Netball clubhouse and 1st Team dressing room
u/15 A & B
u/16 A & B
u/14 – u/16 C
u/17 A
1st & 2nd team
3rd & 4th team

Netbal 2019

Die O/14A, O/15A, O/16A en die 1ste span verteenwoordig die Gimmies op die streek se Vrystaatdag. Die netbalspeelsters het goeie kompetisie vir die groot skole in die Vrystaat gebied.

Die O/15A-span het aan die Motsepe Spele deelgeneem en Lejweleputswa by die spele verteenwoordig. Die spele het by Fichardtpark, Bloemfontein, plaasgevind.

Gimmies se 3de, 0/16A, O/16B, O/15B, O/14A en O/14B netbalspanne wen die jaar se Derby. Baie geluk, Meisies. Ons is trots op julle!

Verskeie ligas is hierdie jaar gewen. Baie geluk aan die O/14A, O/14B, O/15A, O/16A, O/16B, 3de en 1ste Span.

Talle speelsters is vanjaar in verskeie Vrystaatspanne ingesluit:

  • O/14
    • Phatiwe Ntobela
  • O/15
    • Mamello Sekoboto
    • Reitumetsi Motsamai
    • Akhona Somhlahlo
  • O/16
    • Moleboheng Matsepe
  • O/17
    • Lerato Mosala
    • Kekeletso Molotsi
    • Ayanda William
Die volgende speelsters word ook gekies vir die Bokkieweek: Annemieke Huijink, Megan Nel, Theanette Jonck. Die Fast 5 span vir NVS Bokkieweek sluit in: Megan Nel, Annemieke Huijink. Tumi Kuba neem aan die Hennenman Toernooi deel. Baie geluk ook aan Me. Ruzel Vorster wat betrokke was by die afrigting van die 0/14-Vrystaatspan en die 0/21-Bokkieweekspan. Baie geluk aan Ayanda William wat verkies is tot die 0/17 SA-span wat in 2019 in New Zealand deelneem. Ons is baie trots op jou, Ayanda!
Head Coach/ Hoofafrigter S. Cloete
1st Team S. Cloete / D. Booyens
2nd Team S. Cloete / D. Booyens
3rd and 4th Teams M. Bezuidenhout / M. Groenewald
U/17A M. Muller
U/16A, U/16B S. Burrows / C. Loggenberg-Childs
U/15A, U/15B J. Scott / S. Herbst
U/14B + U/14B E. du Plessis / R. van der Merwe