Alhoewel Welkom-Gimnasium primêr ingestel is op die akademiese vordering/prestasie van sy leerders, is ons terdeë bewus van die opvoedkundige waarde van sportbeoefening! Deur die jare het Gimnasium sinoniem geraak met sportprestasies en -ontwikkeling in die Vrystaat
Die jaarlikse Derby teen die Goudveld Hoërskool is die hoogtepunt op die sportkalender! Die tradisionele 3 sportsoorte van rugby, netbal en meisieshokkie vind al vir 40+ jaar plaas. Intussen het ander aktiwiteite bygekom, maar die fokus val – soos by enige intervarsity – maar eintlik op die 1ste rugbyspan! In 2005 “koop” Eerste Nasionale Bank die rugby, in 2006 word daar vir die eerste FNB Classic Clashes-beker gespeel en in 2007 word die rugby op die televisie uitgesaai!
Gimnasium/Goudveld Derbyrekord