Welkom-Gimnasium Swem het ‘n besonderse besige seisoen beleef en aan die volgende byeenkomste deelgeneem:
– Fezile Dabi Skole Kampioenskappe
– NVS Skole Kampioenskappe
– Brandfort Uitnodiging
– Vrystaat-Interhoër
– SA-Skole Kampioenskappe
– Inter Provinsiaal, Vlak 2 SSA
Opsomming van prestasies soos volg:
– Gedurende die NVS-Skole Kampioenskappe eindig Welkom-Gimnasium 4de uit 21 skole.
Christiaan du Preez verower ook die Victor Ludorum-toekenning tydens die byeenkoms.
Shyennne Laubscher en Ashly Seymour behaal ook 8ste en 9de plekke uit 32 atlete gedurende die byeenkoms.
– Tydens die Brandfort-uitnodiging wen Welkom-Gimnasium die gala algeheel.
– Tydens Vrystaat-Interhoër het Welkom-Gimnasium 8ste uit 18 skole gekom.
Die volgende swemmers het deelgeneem aan die Inter Provinsiaal, Vlak 2 SSA byeenkoms.
Shyenne Laubscher – 5de plek in 50m borslag.
Ashly Seymour – Goud verower in 50m rugslag tydens die byeenkoms.
Die volgende swemmers is verkies om Vrystaat te verteenwoordig tydens die SA Skole swem kampioenskappe 2023:
Christiaan du Preez
Precious Radebe
Ofentse Melato
Gaopalelwe Makhalanyane