Voortrekkers

Voortrekkers

Die voortrekkers is ‘n modern en dinamiese organisasie wat voorloop in die ontwikkeling van jong afrikanerleiers.

Die storie van Die Voortrekkers is ’n verhaal van vrywilligers wat hul vrye tyd gebruik om graadwielboeke, handleidings en ander literatuur te skryf. Geboue, spankamers en kampterreine het deur harde werk en innoverende denke ontwikkel tot spogprodukte.

Dit is ’n storie van sente omdraai, moue oprol, vasbyt en hard werk. Dit is ’n storie van historiese feeste, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is ’n storie van betrokkenheid, praktiese omgee en diensbaarheid in plaaslike gemeenskappe.

Die Voortrekkerstorie vertel ’n verhaal van planne, vars denke, aanpasbaarheid en hoëfunksieprestasies. Dit is ’n storie van liefde vir Afrikaans, Afrikanerkultuur, Afrikanerkinders, maar bo alles, vir die Here.

Leuse: Hou koers

Kommando leier: Elsabe Coertzen
Offesiere: Retha van der Merwe
Rezaan Jordaan
Monika du Plessis
Nandie Booyens
Alida van Sittert
Staatmakers: Jeaneese jansen van Rensburg
Larizhe Naude
Admin: Marlize Naude

Aantal verkenners: 30

2022 – 3 Presidentsverkenners
2023 – 2 Presidentsverkenners

Elke jaar woon die verkenners ten minste 2 gebiedskampe by : Verkennerskamp in Maart en Jeugberaad in Augustus te Doornkloof.

Van ons Verkenners woon ook Seejol in Junie vakansie te Hartenbos by.

Elke Dinsdag het ons spandag.

Hoogtepunte van die Voortrekkers:

  • Ons elkeen het ons Vuurwapen kenteken gedoen in Welkom
  • Besoek baie die Afrikaanse monument om skoon te maak
  • Besoek DBV om bietjie met die diere te speel
  • Waatlemoenfees
  • SANCA het ons besoek
  • Andries Coetzee (Polisieman) het ons kom help met veiligheid

Verdere 2023 planne:

  • “Adopt” ‘n ouma
  • Jeugberaad
  • Kommando kamp

Voortrekkers E. Coertzen (Kommandoleier)

Gr 12A. van Sittert
Gr 11R. van der Merwe
Gr 10R. Jordaan
Gr 9E. Coertzen
Gr 8M. du Plessis & N. Booyens
Admin :RegistrasieM. Naude
  
BemarkingR. van Vuuren
KlerebestellingsMev H Zietsman en P. Nel